praag.org Pro-Afrikaanse Aksiegroep

Pro-Afrikaanse Aksiegroep

 

Who are we?

The Pro-Afrikaans Action Group (PRAAG) is an NGO in South Afric...

 

Onderwysowerheid vir Afrikaners

Sedert 1994 is alle Afrikaanse onderwysinstellings, hetsy skole, hetsy univ...

 

PRAAG-landelik

PRAAG-LANDELIK is ’n landbou- en plattelandse organisasie wat hom vir...

PRAAG-landelik

PRAAG-landelik

E-pos Afdruk PDF

PlaasPRAAG-LANDELIK is ’n landbou- en plattelandse organisasie wat hom vir die regte en veiligheid van die boer beywer. Ons bied ’n omvattende veiligheidsplan wat op die Steunkringbeginsel berus en deur ervare organiseerders en instrukteurs bedryf word. Terselfdertyd voer PRAAG ’n veldtog ten gunste van absolute eiendomsreg en teen alle vorme van diskriminasie teen Afrikaners deur gesprekke met regeringslui en ANC-ampsdraers, buitelandse ambassades en internasionale organisasies, asook navorsing en publikasies om  radikale ideologiese “oplossings” soos grondhervorming en die benadeling van die blanke kommersiële boer teen te werk.

Terselfdertyd staan PRAAG ’n staatkundige oplossing voor om ’n einde aan wedywering tussen verskillende volkere en rassegroepe vir grond in Suider-Afrika te maak en ons sal die volle grondregte van Afrikaners verdedig wat deur traktate, ooreenkomste en wettige kooptransaksies verkry is.

Die oorhoofse missie van PRAAG is om te alle tye die ideaal van Afrikanervryheid lewendig te hou deur die Afrikaanse taal, kultuur en identiteit te vier, te handhaaf en te versterk. Ons visie of uiteindelike doel is om vryheid in ’n Vierde Afrikaanse Republiek te behaal.

Staan saam! Sluit nóú by hierdie dinamiese organisasie aan en ontvang talle voordele waaronder een gratis boek per jaar, lidmaatskap van Medihelp, Discovery, Fedhealth, Momentum of ander mediese fondse, ’n gratis e-posadres, gereelde nuusbrief en ander inligting, asook afslag op veiligheidsopleiding en ekonomiese of landbouseminare en byeenkomste wat deur PRAAG gereël word.

 

Nuus Bulletin

Twitter

Jy is nou hier: Tuis PRAAG-landelik